Saturday 12 October 2019

Nuutste Mode Nuus - 1924

DE VOLKSTEM – 28 Oktober 1925
Lyfstrikke word so vas gestrik dat dit van agter ‘n bietjie laer hang om die middel dan van voor. Die nuutste mode-materiaal is ‘n pragtige fyne sy-crépe wat veel gebruik sal word vir agtermiddag rokkies. ‘n Nuwe idee is die heel klein sonsambreeltjies sonder stokke wat om die arm aan ‘n perdehaar koord hang. Skoene met leer streps oor die voet is weer hoog in die mode, en is soveel meer gemakliker om mee rond te stap. Hoed gemaak van strooi kant met breë rande sal veel gedra word. Ligte kleure sal veel die somer gedra word. Moue word op allerhande sonderlike manier gemaak waarvan die breë mouboordjies somtyds al by die elleboog begin. Die gladde agterpante van rokke begin so stadig aan te verdwyn en, terwyl die rompe wyer en voller rondom die heupe begin gemaak te word. Bont word nog baie vir garnering gebruik.


HOEDE
Fig. 3919 – Twee smaakvolle modelle wat onlangs op die resies in Parys te sien was.
Die eerste mooi klein hoedjie is op baie kunstige manier van uitgeknipte lint gemaak met ‘n pragtige groot aster vlak van voor.
Die tweede model is van donker blou ferweel met loshangende goue leer, ronde stukkies daarop vasgesit wat ‘n wonderlike mooi vertoning maak. 

HOEDE VERSIERSELS 

Deur fig. 4143 hieronder word aangetoon hoe om hoede op die mooiste en kunstigste wyse te versier.
1. ‘n Bos haanvere wat baie mooi op ‘n klein hoedjie sal vertoon.
2. Voëlkoppe met vlerke van vaal veertjies.
3. Smal gevlegte belegseltjies.
4. ‘n Tros druiwe waarvan die korrels met goud-draad steke vasgeset is.
5. ‘n Kunstige vlerk van materiaal gemaak, en goud uitgewerk, wat rondom met drie smal breidings afgemaak is.
6. ‘n Kokar van lint gemaak.
7. Rose en blare van lint op ‘n kunstige manier gemaak.
8. ‘n Pragtige gespe met leer lint daardeur gesteek wat van dieselfde kleur is as die randjies aan die leer lint.
9. ‘n Kunsvolle kokar van lint gemaak.
10.  Grys stukkie laken deftig met goud en rooi geverf. 
11. Nog ‘n kokar van lint gemaak, wat met   ‘n grote pêrel in die middel vasgeset is.








OORJAS / STOFJAS
Die dames oor- en stofjas sal nog veel gedra word, en daar is byna nou nie meer ‘n dame wat nie soiets besit nie, want dit hou haar klere netjies teen weer en wind.
Deur fig, 3466 word twee nuttige jasse geïllustreer waarvan die eerste een ‘n kunswerk van J. Patous is. Die mooi jas is van vaal kasha vervaardig en met belegsels of bande van dieselfde material opgemaak. Die ander een is van donker bruin satyn met vaal crêpe marocain opgemaak en met skilpaddopknope weerskante in die sye en op die moue versier.



No comments:

Post a Comment

Cape Town’s new £22 000 Broadcasting Station at Milnerton

 CAPE TIMES - 1933, July 18 The Cape and Peninsula Broadcasting Association started Cape Town’s first Broadcasting Station on September 15, ...